Dis amptelik! Blommeskouspel kom weer na Parys
Die eerste blommeskouspel van die Free State/Madeira Flower Festival wat in 2016 gesorg het vir ‘n onbeskryflike kleurespel in Parys se hoofstraat, sal vanjaar weer in Parys aangebied word. Dié keer met selfs nog meer aktiwiteite waarby die gemeenskap van Parys betrek sal word. Maak seker jy is in Parys van 29 November tot 3 …

Die eerste blommeskouspel van die Free State/Madeira Flower Festival wat in 2016 gesorg het vir ‘n onbeskryflike kleurespel in Parys se hoofstraat, sal vanjaar weer in Parys aangebied word. Dié keer met selfs nog meer aktiwiteite waarby die gemeenskap van Parys betrek sal word. Maak seker jy is in Parys van 29 November tot 3 Desember om hierdie ongelooflike blommeprag van die Free State Flower Festival te sien met ‘n kleurvolle parade, vlotte, dansers en talle ander aktiwiteite.
Die fees is geskoei op die groot sukses model van die Madeira Flower Festival wat jaarliks oor 2 weke gehou word. Verlede jaar is besluit om hierdie indrukwekkende fees ook ‘n deel van die Vrystaat se toerisme-aantrekkingskrag te maak. Kom kyk, kom beleef, word deel van ‘n fees wat benewens die skouspel ook talle besigheidsgeleenthede vir plaaslike sakelui en die gemeenskap bied in terme van bemarking.




