NewsNews

Gerrie Nel praat oor korrupsie en privaatvervolging

“As jy vir ’n feit weet jy gaan gevang en vervolg word sal niemand misdaad pleeg nie,”   Dit was wat adv. Gerrie Nel en Afriforum wou tuisbring tydens sy besoek aan Potchefstroom. Hy het Dinsdagaand by die Elgro Hotel sowat 100 mense toegespreek oor privaatvervolging. Nel is die hoof van Afriforum se privaat vervolgingseenheid. …

Dit was wat adv. Gerrie Nel en Afriforum wou tuisbring tydens sy besoek aan Potchefstroom.
Hy het Dinsdagaand by die Elgro Hotel sowat 100 mense toegespreek oor privaatvervolging. Nel is die hoof van Afriforum se privaat vervolgingseenheid. Volgens Nel is die eenheid nie gestig om ’n parallelle vervolgsgesag te wees nie, maar om seker te maak dat almal gelyk voor die reg is.
“Dit is ’n baie duur proses, so ons kan regtig nie bekostig om te verloor nie,” het hy in sy toespraak gegrap.
Nel het die proses van privaatvervolging aan die gehoor verduidelik en dat hulle baie seker moet wees van ’n saak voordat hulle self probeer vervolg. Volgens hom is daar al sake geidentifiseer wat hulle gaan vervolg, maar die besonderhede sal op ’n latere stadium bekend gemaak word.
Die fokus is daarop om korrupte persone te vervolg wat nie deur die nasionale vervolgingsgesag vervolg word nie.

Die volle video van Nel se toespraak is op die Herald se Facebookblad beskikbaar


Voorstelle oor sake wat Afriforum se vervolgingseenheid kan oorweeg kan via die webtuiste gestuur word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button