NewsNews
Polisie waarsku oor nuutste knoeiery
Die polisie het die gemeenskap gewaarsku teen ’n nuwe tendens onder swendelaars. Illustration photo Die polisie het die gemeenskap gewaarsku teen ’n nuwe tendens onder swendelaars. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, word mense wie se voertuie gesteel is, deur swendelaars gekontak wat hul as lede van die polisie voorgee. “Hulle vertel dan dat die voertuig …
Die polisie het die gemeenskap gewaarsku teen ’n nuwe tendens onder swendelaars.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, word mense wie se voertuie gesteel is, deur swendelaars gekontak wat hul as lede van die polisie voorgee.
“Hulle vertel dan dat die voertuig gevind is, maar dat ’n bedrag geld saamgebring moet word om die voertuig te eis,” vertel Manyoba.
Volgens haar moet die gemeenskap nie val vir dié knoeiery nie, omdat die polisie nooit geld sal vra om ’n voertuig terug te eis nie.
“Die polisie sal slegs vra vir bewyse dat die voertuig aan die persoon behoort. Indien enigemand so ’n oproep ontvang, moet hulle die besonderhede kry en dit aan die polisie oorhandig sodat dit ondersoek kan word,” het sy gesê.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.