NewsNews

Meer patrollies op die Bult om misdaad te bekamp

Die polisie het voorgeneem om meer aandag te gee aan misdaad op die Bult. Illustration photo Die polisie het voorgeneem om meer aandag te gee aan misdaad op die Bult. “Ons besef daar is ’n probleem op die Bult. Ons gaan verseker beheer neem oor die situasie.” So sê ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, nadat daar …

police,saps

Illustration photo

Die polisie het voorgeneem om meer aandag te gee aan misdaad op die Bult.

“Ons besef daar is ’n probleem op die Bult. Ons gaan verseker beheer neem oor die situasie.”
So sê ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, nadat daar die afgelope week vier voertuie op die Bult gesteel is. Volgens Manyoba is die meeste van die voertuie Volkwagen Polo’s, wat in Rissik-, Thabo Mbeki-, Dwars- en Steve Bikostrate gesteel is.
Die voertuie was meestal buite in die straat geparkeer toe dit gesteel is.
Die Herald het die laaste tyd baie oor misdaad op die Bult berig. Dié berigte spruit uit ’n voorval waar ’n karwag tydens ’n bakleiery met ’n mes gesteek is.
“Ons gaan meer patrollies, veral voetpatrollies, op die Bult doen,” het Manyoba gesê.
Sy het die gemeenskap versoek met die polisie hande te neem om misdaad in die gebied te bekamp.
“Die gemeenskap moet ons oë en ore wees. Enige inligting wat met misdaad verband hou, moet aan die polisie gerapporteer word,” het sy gesê.
Hoewel sy nie wou uitbrei oor presies wat beplan word nie, omdat die polisie nie misdadigers wil inlig oor hul planne nie, het sy die gemeenskap verseker dat die polisie besig is om maatreëls op die Bult te verskerp.
“Ons sal alles in ons vermoë doen om misdaad te bekamp,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button