NewsNewsPhoto GalleriesSchool

Naelbyt-stryd vir Parys in Virseker-kwartfinaal

Parys se eerste rugbyspan moes die afgelope naweek in ’n naelkou stryd net-net die knie buig voor Allen Glen (Roodepoort) in die Virsekerbeker (ou Beeld-trofee) kwartfinaal. Die eindtelling was 26-27. Ongeag die uitslag – steeds ’n skitterende prestasie vir ’n plattelandse skool wat teen heelwat groter skole moes meeding in die liga, en vanjaar ook …

Parys se eerste rugbyspan moes die afgelope naweek in ’n naelkou stryd net-net die knie buig voor Allen Glen (Roodepoort) in die Virsekerbeker (ou Beeld-trofee) kwartfinaal. Die eindtelling was 26-27.
Ongeag die uitslag – steeds ’n skitterende prestasie vir ’n plattelandse skool wat teen heelwat groter skole moes meeding in die liga, en vanjaar ook in die Valke liga-finaal as naaswenners geëindig het. Puntemakers vir Saterdag se wedstryd was: Drieë: Marcel Gouveia (2), Rudger Potgieter en Johan Nel. Doelskoppe: Rudger Potgieter (3).
“Dankie aan die ouers en die gemeenskap wat die span so getrou ondersteun het. Ons is trots op hierdie seuns,” sê die afrigters.

(Lees ook meer van nog skitter rugbyprestasies vir Hoërskool Parys in vandeesweek se Gazette)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button