NewsNews

6-jarige verdrink in Potchefstroom dam

‘n Sesjarige seun het op 2 September verdrink in die Potchefstroom dam. Foto: News search SA ‘n Sesjarige seun het gisteroggend (2 September) in die Potchefstroom dam verdrink. ER24 paramedici het omstreeks 10:30 op die toneel gekom waar hulle die seun op die damwal gevind het. Volgens ER24 woordvoerder Werner Vermaak was ‘n man in sy boot op die water toe hy die kind …

Foto: News search SA

Foto: News search SA

‘n Sesjarige seun het gisteroggend (2 September) in die Potchefstroom dam verdrink.

ER24 paramedici het omstreeks 10:30 op die toneel gekom waar hulle die seun op die damwal gevind het. Volgens ER24 woordvoerder Werner Vermaak was ‘n man in sy boot op die water toe hy die kind se liggaam in die water sien dryf het.

Daar was niks wat paramedici vir die kind kon doen nie. Die presiese omstandighede rondom die kind se dood is onbekend maar die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel. Familielede van die kind was op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button