Parysenaar wen Marmite-logo kompetisie
Dis amptelik! Jeanne-Marie Lebrun van Parys is die wenner van die volwasse afdeling van Marmite SA se logo kompetisie vir ‘n spesiale beperkte uitgawe. Jeanne-Marie wen hiermee van die nuutse Apple skootrekenaars wat haar baie handig te pas sal kom met haar studies as eerstejaar LLB-student aan Kovsies, vertel haar ma, Winnie. Wat meer is, …

Dis amptelik! Jeanne-Marie Lebrun van Parys is die wenner van die volwasse afdeling van Marmite SA se logo kompetisie vir ‘n spesiale beperkte uitgawe. Jeanne-Marie wen hiermee van die nuutse Apple skootrekenaars wat haar baie handig te pas sal kom met haar studies as eerstejaar LLB-student aan Kovsies, vertel haar ma, Winnie.
Wat meer is, Jeanne-Marie se broer, Jacques, ‘n leerling van die Hoërskool Parys, was ook ‘n finalis in die kinder-afdeling van dieselfde kompetisie.
Die twee is eendag in Julie winkels toe om Marmite te koop. By die huis het hulle op die bottel die kompetisie van Marmite SA raakgelees en daar en dan besluit om in te skryf.
Deelnemers kon inskryf vir’n kinder afdeling, volwasse afdeling sowel as ’n professionele afdeling.
Die publiek het dan gestem vir hul keuse van ontwerp om die wenners te bepaal.

Só het Jeanne-Marie se wen-ontwerp gelyk.




