NewsNews

Só sal hierdie inwoners onthou word

’n  Tuin van Nalatenskap by die residensiële sorgsentrum op die terrein van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Boomstraat, Parys. Dit is waaraan gewerk word by die sentrum as deel van die “Garden of life” projek waarvan die Muur van Herinnering nou  aan die beurt sal kom as fase 2 van die projek. Baie individue wat …

’n  Tuin van Nalatenskap by die residensiële sorgsentrum op die terrein van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Boomstraat, Parys. Dit is waaraan gewerk word by die sentrum as deel van die “Garden of life” projek waarvan die Muur van Herinnering nou  aan die beurt sal kom as fase 2 van die projek.
Baie individue wat by hierdie organisasie inwoon, sterf af sonder naasbestaandes, en dié tuin en ’n  Muur van Herinnering sal dien as ’n manier om hul lewe en nagedagtenis te eer.
Die pragtige inisiatief kom van student maatskaplike werkers wat met die projek begin het.
Die eerste fase van die gemeenskapswerk-program is reeds verlede week geïmplementeer om die tuin te vestig vir, en deur inwoners van Epilepsie Suid-Afrika. Nou sal die Muur van Herinnering gebou word.
Inwoners word deurentyd by die projek betrek en word gefokus op die gedagte van “niks oor ons sonder ons”.
Elke inwoner van Parys kan ook ’n bydrae tot hierdie baie mooi projek lewer.  Enige kruieplantjies, blomplante, potgrond, of selfs geldelike bydraes is welkom en kan na die sentrum in Boomstraat geneem word, of skakel die sentrum by (056) 811 5959.  Raak betrokke en wys ons as gemeenskap gee om.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button