NewsNews
Prag kunswerke by fees te sien
Die publiek word genooi om te kom kyk na ’n uitstalling van werke van onder meer Fillip Steyn, Juliana, Ella en Kobus van Wyk, L. Rushmere, Mariaan en Dalene, asook pragtige keramiekwerk by ’n kunsuitstalling ten bate van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) by vanjaar se Dome Avontuurfees. Die fees vind plaas op 3 en 4 …
Die publiek word genooi om te kom kyk na ’n uitstalling van werke van onder meer Fillip Steyn, Juliana, Ella en Kobus van Wyk, L. Rushmere, Mariaan en Dalene, asook pragtige keramiekwerk by ’n kunsuitstalling ten bate van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) by vanjaar se Dome Avontuurfees.
Die fees vind plaas op 3 en 4 November by die AfriDome. Die kunswerke sal ook te koop wees en ’n persentasie van die opbrengs gaan na die Parys DBV.
Daar sal ook ’n gelukkige trekking wees uit die name van kopers, waarmee ’n skildery gewen kan word.
Kunsuitstallers wat wil deel wees van die uitstalling, of mense wat navrae het oor die uitstalling, is welkom om Amelia van Zyl, fondsinsamelaar van die DBV, by 073 655 2914 te kontak
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.