NewsNews

Harte wat omgee vir hulle met kanker

Grannys Pies het op 27 Oktober inisiatief geneem om R2 van elke produk met die kanker bewusmakingsveldtog plakker daarop, wat op dié dag in die winkel verkoop is, te skenk aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA). Hulle sal weer die geld  aanwend om spesifiek kankerpasiënte in die gemeenskap te help. Altesaam 265 van die produkte …

Grannys Pies het op 27 Oktober inisiatief geneem om R2 van elke produk met die kanker bewusmakingsveldtog plakker daarop, wat op dié dag in die winkel verkoop is, te skenk aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA). Hulle sal weer die geld  aanwend om spesifiek kankerpasiënte in die gemeenskap te help. Altesaam 265 van die produkte met plakkers is verkoop, waarmee R550 aan VVA oorhandig kon word. Boonop is ’n geskenkpak ook uitgeloot waarmee nog R420 ingesamel is en ook aan VVA oorhandig kon word vir hulp aan kankerpasiënte. Die wenner van die geskenkpak was Sylvia de Villiers. Op die foto neem Sanette Boonzaier, gemeenskapsmobiliseerder vir VVA, die skenking in ontvangs van Marlett Stadler van Grannys Pies. ’n Mooi inisiatief vir die Parys-gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button