Só lyk die naweek se program vir blommeskouspel in Parys
Foto’s van die ongelooflike kleurespel wat met die 2016 Free State/Madeira Flower Festival in Parys gesien is. Vanjaar sal daar weer 5 vlotte met derduisende blomme wees wat die onderskeie toerismeroetes in die Vrystaat sal uitbeeld. Mense van Madeira asook 9 inwoners van Parys wat opgelei is vir die taak, sal die vlotte versier. Blomtapyte …


Foto’s van die ongelooflike kleurespel wat met die 2016 Free State/Madeira Flower Festival in Parys gesien is. Vanjaar sal daar weer 5 vlotte met derduisende blomme wees wat die onderskeie toerismeroetes in die Vrystaat sal uitbeeld. Mense van Madeira asook 9 inwoners van Parys wat opgelei is vir die taak, sal die vlotte versier. Blomtapyte sal ook van Donderdag 23 November op die feesterrein uitgelê word.
Só lyk die program vir die naweek se FS/Madeira Flower Festival in Parys:
Vrydag 24 November 2017
Little Miss FS Flower kroning – 15:00
Little Miss FS State Flower onthul die Muur van Hoop – 16:30
Opening van die feesterrein h/v Stan Jan- en Breëstraat, Parys – 18:00
Opening van die uitstallings – 18:15
Buitelug musiek met plaaslike DJ’s – 18:30-21:00
Wynproe
Sluiting van die feesterrrein – 22:00
Saterdag 25 November 2017
Opening van die feesterrein – 11:00
VIP-samekoms by die parade – 13:15
Opening van die vlotoptog – 14:00
Vlotoptog – 14:15-15:15
Opelug-konsert – 17:00-23:00
Sluiting van die feesterrein – 24:00
Sondag 26 November 2017
Amptelike opening van Father Balink Straat in Parys met lintknip seremonie en onthulling van gedenksteen




