NewsNews

Motoris jaag weg vir verkeersbeampte- ry man dood

VANDERBIJLPARK. Drie insittendes van ‘n Volkswagen Polo het gister 10 Desember net na 17:00 vir ‘n verkeersman weggejaag en by die robot van Frikkie Meyer, Beethoven en Chopinstraat na by Checkers, een van die straatbedelaars doodgery. VANDERBIJLPARK. Drie insittendes van ‘n Volkswagen Polo het vanmiddag, 10 Desember, net na 17:00, vir ‘n verkeersman weggejaag en …

VANDERBIJLPARK. Drie insittendes van ‘n Volkswagen Polo het vanmiddag, 10 Desember, net na 17:00, vir ‘n verkeersman weggejaag en by die verkeerslig by Frikkie Meyer-boulevard, Beethoven- en Chopinstraat naby Checkers, een van die straatbedelaars doodgery.

Volgens inligting het die bestuurder van die Polo, met nog ‘n man en vrou in die voertuig, roekeloos en nalatig bestuur toe die verkeersbeampte hom agtervolg en die jaery begin het. Hulle is in Beethovenstraat af en by die verkeerslig het die bestuurder van die Polo probeer opdraai in Frikkie Meyer-boulevard en die randsteen getref, oor die eilandjie gery en die man raakgery waar hy gestaan en bedel het. Daarna het hy die eiland in die middel van die dubbelweg van Frikkie Meyer-boulevard getref en eers in die afrit van Frikkie Meyer aan die oorkant van die verkeerslig tot stilstand gekom. Dit is nadat hy die verkeerslig saam met hom gesleep het.

Die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem. Paramedici van ER24 het vergeefs probeer om die man wat raakgery is te red, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Polisie was tot laatmiddag op die toneel en ondersoek die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button