Abraham Kriel-kinderhuis se Liggiefees groter as ooit
Die Abraham Kriel-kinderhuis se Liggiefees in Potchefstroom is voorwaar ’n moet op die so-siale kalender vir almal wat nog in die wonder van Kersfees glo. Vir die derde jaar in ’n ry kan inwoners van Potchefstroom, maar ook omliggende dorpe soos Parys, uitsien na ’n geleentheid van lig, liefde en lewe! Dié fees word vanjaar …
Die Abraham Kriel-kinderhuis se Liggiefees in Potchefstroom is voorwaar ’n moet op die so-siale kalender vir almal wat nog in die wonder van Kersfees glo. Vir die derde jaar in ’n ry kan inwoners van Potchefstroom, maar ook omliggende dorpe soos Parys, uitsien na ’n geleentheid van lig, liefde en lewe! Dié fees word vanjaar tot 24 Desember elke aand van 19:00 tot 22:00 gehou.
Hierdie jaar beloof om nog groter as vorige jare te wees met hope pret en opwinding vir die hele gesin. Feesgangers kan uitsien na pannekoek, kerrie-en-rys, koffie en koekies, wyn, aartappelstokkies, mini-doughnuts, roomys, pizza, boereworsrolle, lekkergoed, speelgoed, geskenke, juweliersware en nog vele meer. Wat vermaak betref, bied die fees ’n verskeidenheid van kunstenaars. Kyk uit vir onder meer Dewald Wasserfall (15 Desember) en Jakkie Louw (22 Desember). Dit is oorgenoeg rede om seker te maak dat jy by die Liggiefees 2017 ’n draai kom maak.





