NewsNews

Nasionale minimum loon – wat hou dit in vir jou as werkgewer

Dis weer dié tyd van die jaar dat huiswerkers hul jaarlikse loonverhoging moet kry Daar is egter steeds geen aankondiging gemaak in dié verband nie, en dit word allerweë aanvaar dat daar nie die jaar verhogings gaan wees nie. Volgens die Dynamic Labour Solutions kantoor in Parys is daar met verskeie inspekteurs geskakel in die …

Dis weer dié tyd van die jaar dat huiswerkers hul jaarlikse loonverhoging moet kry
Daar is egter steeds geen aankondiging gemaak in dié verband nie, en dit word allerweë aanvaar dat daar nie die jaar verhogings gaan wees nie.
Volgens die Dynamic Labour Solutions kantoor in Parys is daar met verskeie inspekteurs geskakel in die verband en het ’n inspekteur van Departement Arbeid se hoofkantoor in Pretoria, bevestig dat daar eers verhogings sal wees in Mei 2018 wanneer die Nasionale Minimum Loon (NML) verhogings in werking tree.
Die Departement van Arbeid het reeds die Wet op Nasionale Minimum Loon 2017 op 17 November 2017 gepubliseer, sowel as die aanpassings vir die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
Die minimum loon vir Huiswerkers sal R15 wees en vir Plaaswerkers R18. Vir alle ander werkers word die minimum loon R20. Die lone sluit uit enige byvoordele wat die werkers reeds geniet soos vervoer, behuising, etes, bonusse, diensfooie ensovoorts.
Nedlac (‘n forum wat bestaan uit besighede, arbeid en die publiek met die doel om beleide saam te stel rakende arbeidsaangeleenthede voor dit aan die parlement voorgelê word vir goedkeuring) het ingestem om sekere sektore waaronder die plaas- en huiswerkers val, oor ‘n periode van 12 tot 24 maande op 100% van die minimum loon te bring.
Dynamic Labour Solutions het werkgewers aangemoedig om nie irrasioneel op te tree en werknemers summier af te lê nie.
Daar word ’n kwytskeldingsprosedure saamgestel waar die werkgewers vir so lank as ’n  jaar kwytskelding van die NML kan kry.
Die wet verbied ook enige eensydige aanpassings op die diensvoorwaardes of kontrakte – dit word beskou as onregverdige arbeidspraktyk.
Voordat die werkgewer enige besluite neem rakende die NML, word voorgestel dat die werkgewer kundige hulp en raad inwin om oortreding van die wet te voorkom. Mense wat navrae het kan Annatjie by Dynamic Labour Solutions skakel by 083 244 4251.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button