AfriForum Parys hou bekendstelling
AfriForum het onlangs ’n tak in Parys gestig en sal hierdie Saterdag, 27 Januarie, ’n bekendstellingsdag in die dorp hou om hul jaarprogram met lede en voornemende lede te deel. Die tak het tans reeds meer as 200 lede. Die publiek word daarop gewys dat AfriForum Parys nie van voorneme is om bestaande veiligheidsinisiatiewe wat …

AfriForum het onlangs ’n tak in Parys gestig en sal hierdie Saterdag, 27 Januarie, ’n bekendstellingsdag in die dorp hou om hul jaarprogram met lede en voornemende lede te deel. Die tak het tans reeds meer as 200 lede.
Die publiek word daarop gewys dat AfriForum Parys nie van voorneme is om bestaande veiligheidsinisiatiewe wat reeds met sukses funksioneer, oor te neem nie. AfriForum is gestig met die doel om die burgerlike samelewing buite enige partypolitiek te aktiveer. AfriForum het dus met geen politieke partye geaffilieer nie, maar streef daarna om goeie verhoudings met opposisiepartye te handhaaf.
Kom ontmoet die takbestuur waar hul Saterdag hul stalletjie in Waterstraat, Parys sal hê. Enigeen wat navrae het oor die tak en sy aktiwiteite is welkom om ’n draai te kom maak, of om Pieter by 082 520 1515 te kontak.



