NewsNews

Duisende voëls sonder blyplek vanaand

Duisende voëls sonder blyplek vanaand

 

SASOLBURG. – Duisende voëls is vanaand sonder blyplek na ‘n massiewe veldbrand wat bykans al die plante, wat hoofsaaklik uit riete bestaan, vanmiddag 19 Julie in ‘n veldbrand verwoes het langs die R59 en die Taaibosspruit brug.

‘n Massiewe donker rookmassa het ‘n groot gedeelte van die middag oor die gedeelte gehang. Voëls het in alle rigtings geskarrel terwyl sommige dit gesien het as ‘n ideale middaguitstappie tussen die verkoolde riete waar muise, rotte, krappe en ander insekte rondgeskarrel het. Verskeier reiers het mens net sien kop onderstebo pik soos wat hul die feesmaal geniet. Die brandweer was op die toneel maar kon nie veel doen nadat verskeie gedeeltes reeds gebrand het.

Die oorsaak van die brand is onbekend maar dit is wel bekend dat daar bosslapers onder die brug slaap en dat dit ook ‘n visvangplek is vir hengelaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button