
Die inkomste van die huishouding (dit wil sê applikant en gade) moet minder as R6 950 per maand wees. Kortings word as volg bereken: op ‘n inkomste van R0 tot R3 820 per maand 100%; op ‘n inkomste van R3 821 tot R4 220 per maand 40%; en op ‘n inkomste van R 4 221,00 tot
R6 950 per maand 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by die munisipale kantore asook van volgende week af by Parys Gazette se kantoor in Waterstraat in die Klipspruit Mall beskikbaar.
Pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig is welkom om rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus te skakel by 058 852 2041. Applikante moet verkieslik ‘n afskrif van die aansoek maak en vra dat die munisipaliteit ‘n datumstempel op die afskrif aanbring wanneer die aansoek ingedien word.




