
“Ek voel soos ‘n vreemdeling op my eie kampus. Hoekom word hierdie geduld?!” het ‘n student vandag (27 Augustus) omstreeks 13:30 op Facebook gevra.
Dit nadat daar ‘n groep EFF–lede op die onderwyskampus bymekaar gekom en plakkate met slagspreuke soos “Voetsek Afrikaans” en “Down with Institutional Racism” deur die groep by ‘n stalletjie uitgestal is.
Aanvanklik was inwoners bekommerd dat dit ‘n EFF–optog op kampus was, maar volgens Louis Jacobs, woordvoerder vir die universiteit, was daar geen optogte nie.
“Dit is ‘n inligtingskiosk en daar is wel toestemming (daarvoor) verleen,” het Jacobs gesê.
Die plasing wat op die Potchefstroom Facebookblad gemaak is was teen 15:20 al reeds 80 keer gedeel.




