NewsNews

Gemeenskap steek vermeende krimineel aan die brand

Lede van die gemeenskap in Skierlik, Brits, het Sondag (26 Augustus) 'n vermeende krimineel aan die brand gesteek.

Lede van die gemeenskap in Skierlik, Brits, het Sondag (26 Augustus) ‘n vermeende krimineel aan die brand gesteek. 

Volgens kol. Adèle Myburgh, polisiewoordvoerder, het die polisie verdagte in hegtenis geneem op aanklag van aanranding. Dit nadat hy glo ‘n 22-jarige man aangerand het.  Hy is vir sy eie veiligheid in ‘n polisievoertuig gehou nadat lede van die gemeenskap hom reeds aangerand het. 

Volgens haar het ongeveer 300 inwoners geëis dat die polisie die verdagte aan die gemeenskap oorhandig.  Toe die polisie nie die verdagte wou oorhandig nie, het die inwoners parrafien oor die voertuig begin gooi. 

Hulle het die polisiebeamptes begin aanrand en met klippe gestook. Die inwoners het daarin geslaag om die verdagte uit die voertuig te kry waarna hy aangerand en aan die brand gesteek is. Nadat versterkings opgedaag het om die situasie te stabiliseer is daar vasgestel  dat die verdagte dood is. Die verdagte se slagoffer is ook later in die hospitaal oorlede. 

Die provinsiale kommissaris , lt. gen. Baile Motswenyane, het die voorval ten sterkste veroordeel. 

“Dié soort wetteloosheid, wat al tot die dood van onskuldige mense gelei het, kan nie geduld word nie,” het sy gesê. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button