
Ten spyte van die uitdagings van baie welkome reën en selfs hael wat vir die grootste deel van die dag oor Parys uitgesak het, het die lug net na 16:00 Saterdag 8 Desember oopgetrek vir n skouspel van blommeprag wat soos die vorige 2 jaar nie teleurgestel het nie.
Mense het met sambrele langs die dorp se hoofstraat reggestaan en toe die optog en straatkarnaval vir die 3de FS/Madeira Flower Festival uiteindelik begin was dit n prentjiemooi gesig.
Hier is n kykie van vanjaar se optog.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



