Dit is so byna Kersfees. Kom beleef die baie besondere “Jingle Bells Walk” wat jaarliks deur Epilepsie SA se VS/Noordwes-sentrum in Parys aangebied word.
Dit vind plaas hierdie Saterdag, 15 Desember vanaf 18:30 wanneer daar vanaf die Garden Art Kwekery in Breëstraat gestap word terwyl Kersliedere by kerslig gesing word.
Dit is ’n 3km pretstap vir oud en jonk. Jy hoef nie fiks te wees nie – bring net jou glimlag en gemaklike stapskoene en kom sing bekende Kersgunstelinge.
Kershoedjies en klokkies vir jou skoene sal te koop wees teen R10 en R20, of maak ’n donasie en dra jou eie Kerskostuum.
Sou dit reën, sal die geleentheid uitgestel word na 19 Desember.




