Kuifie kom vir 85 jaar Vorie-fees
Saterdag is groot makietie in Parys wanneer die plaaslike Voortrekkerkommando sy 85ste bestaansjaar vier en dit met ‘n heerlike Skaapspit-ete. Die Parys Voortrekkerkommando is in 1934 gestig met 60 Voortrekkers en agt offisiere. Vandag trap die kommando steeds diep spore. Een van die groot hoogtepunte waarna die Voortrekkers Saterdag kan uitsien is wanneer Kuifie hier …

Saterdag is groot makietie in Parys wanneer die plaaslike Voortrekkerkommando sy 85ste bestaansjaar vier en dit met ‘n heerlike Skaapspit-ete.
Die Parys Voortrekkerkommando is in 1934 gestig met 60 Voortrekkers en agt offisiere. Vandag trap die kommando steeds diep spore.
Een van die groot hoogtepunte waarna die Voortrekkers Saterdag kan uitsien is wanneer Kuifie hier sal wees.

Kuifie het gedurende die skoolvakansie vir die eerste keer gaan kamp saam met ‘n paar Voortrekkerkommando’s.
Kuifie en die Voortrekkers het dit gate uit geniet en deelgeneem aan onvergeetlike avonture.
Daar is berge in die bosveld geklim, in die Vaaldam geswem, in die branders baljaar, onder die sterre geslaap en saans om die kampvure gekuier.
Saterdag 6 April kuier Kuifie saam vanaf 10:30 vir 11:00 by die Hoërskool Parys skoolsaal waar die formele verrigtinge sal plaasvind.
(Let wel die verrigtinge is geskuif van die laerskool na die hoërskool terrein omdat reën verwag word).
Daarna word geskuif na die Parys Primêre skool se skoolsaal waar gesmul gaan word aan skaapvleis, aartappels, liplekker hoenderdye, groente, slaai, roomys en sjokoladesous vir die groot 85-jaar fees.
Vir navrae oor die fees of die Voortrekkers skakel Dawn by 072 254 9891.




