NewsNews

Rowers skiet 18-jarige in huis

Hondjie waarsku seun toe rowers die huis binnekom

‘n Agtienjarige seun van Riversdal, Meyerton, is met ‘n skietwond in sy been in die hospitaal opgeneem nadat hy deur rowers in sy ouerhuis oorval is.
Volgens Jackie Brits van die Esters (Stop die plaasmoorde en geweld-groep op Facebook) was die seun alleen tuis om die huis op te pas terwyl sy gesin vir die Paasnaweek weg sou wees. Hy het op ‘n bank aan die slaap geraak maar is gedurende die nag deur sy hondjie wakker gemaak. Toe die seun opstaan om te gaan kyk wat aangaan, het een van die rowers reeds in die gang gestaan.
Hy het van skok geskreeu en ‘n rower het met ‘n vuurwapen op hom losgebrand.  ‘n Koeël het hom in die been getref maar volgens Jackie was dit gelukkig skynbaar net ‘n vleiswond.
Die seun het kamer toe gehardloop en homself toegesluit, vanwaar hy probeer bel het. Hy kon blykbaar nie daarin slaag nie en het ondanks sy beseerde been deur die kamervenster geklim en na sy ouma-hulle, wat net twee huise van daar af bly, gehardloop. Hulle het dadelik die Riversdal-buurtwag gebel. Tiens Fourie, Johan Niemand, Magdaleen Gray en nog versterkings het gou opgedaag maar die rowers kon daarin slaag om te ontvlug.
Volgens een van die patrolleerders is daar spore van ‘n kar of bakkie aan die agterkant van die erf gevind. Die rowers het vermoedelik dus in ‘n voertuig weggekom.
Die betrokke gesin het versoek om in dié stadium nie geïdentifiseer te word nie. Dit was die derde keer in twee maande dat daar by die huis ingebreek is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button