
Verbeel jou – ’n aandmark in Parys! ’n Tikkie Paris in Parys! ’n Helderverligte hoofstraat en liggies in winkelvensters wat jou naderwink. Hou jou inkopiesak reg, trek jou tekkies aan en stap saam deur Parys se hoofstraat die naweek van 9 en 10 Augustus wanneer Parys se sakevroue en sakemanne van die dorp saamspan om Vrouedag behoorlik te vier! Op die koop toe is selfs die Grafsteensangers op 10 Augustus by Parys Golf & Country Estate. Die gedagte van ’n aandmark in Parys het al vroeër vanjaar tydens die Nasionale Senior Dames Gholfkampioenskappe gewys hoe lekker daar gekoop en gekuier kan word as die winkeldeure laataand oop is As jy dit misgeloop het, kom kuier dié keer saam.





