NewsNews

Ossewaens nodig vir kultuurwerf

Die projek sal na verwagting einde Oktober voltooi wees.

In Julie vanjaar is die Penkopbeeld op die Udolpho Rivierplaas net buite Parys onthul, ter viering van die FAK se 90ste verjaardag. Die Parys Voortrekkerkommando was deel van dié geskiedkundige projek. Daarmee saam word daar nou ’n kultuurwerf op Udolpho ingerig. Die werf sal bestaan uit ’n outentieke Pioniershuis met perskepit vloere, ‘n werkende broodoond, en jy sal selfs plaasdiere hier op die werf kry.
Die kultuurwerf word geskep om die Afrikanergeskiedenis voort te bou en om nuwe generasie Afrikaners die geleentheid te gee om hul geskiedenis nie net in boeke te sien nie, maar in volle glorie.
Udolpho Rivierplaas is daarom op soek na ossewaens om die werf so outentiek as moontlik te laat lyk.
Die projek sal na verwagting einde Oktober voltooi wees.
As jy kan help met ‘n ossewa skenking of meer inligting oor die projek benodig, kontak Bianca by bianca@fak.org.za of skakel (012) 301 1777.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button