NewsNews

Geloftefeesdienste in jou omgewing

Hier is ‘n lys van Geloftefeesdienste wat Maandag 16 Desember in Parys en omgewing gehou word.

DeWetsdrift-geloftefees
‘n Geloftefeesdiens sal op Maandag 16 Desember by die geskiedkundige 111 jaar oue DeWetsdrift Geloftefeesterrein in die Vredefort Koepel gehou word. Die program begin met voorsang om 09:00 waarna die diens, gelei deur Juan Greeff, om 09:45 sal begin.
Daar sal ‘n vlaghys/kransleggingseremonie wees. Die kranslegging word gedoen deur Toit en Hettie Brink, en die vlaghysing deur Li-Mei en Joaquin, met trompetbegeleiding deur die jeug. ‘n Perdekommando met Niel Roodt, Yzelle Kurten, HB Crous en Lorenco Crous vorm ook deel van die verrigtinge.
Die spreker is prof. André Duvenage, professor in Politieke Wetenskap aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.
Daar is gratis boereworsrolle en koeldrank vir feesgangers wat aangebied word deur Elna Saayman, Nollie Meintjies en span. Kom kuier die dag saam op die Dewetsdrift Geloftefeesterrein teen die oewer van die Vaalrivier. Daar is genoeg vuurmaakgeriewe en besoekers en gaste is baie welkom.
Die Dewetsdrift Geloftefeesterrein is 7km vanaf die Skandinawiëdrift-brug aan die Vrystaat-kant van die Vaalrivier, rivier-op. Vir navrae skakel Stephan du Toit by 083 540 7375 (fasiliteerder), Sue Jansen van Rensburg by 083 254 7302, of Herman van Wyk by 082 770 9444.

Die foto’s is met verlede jaar se geloftefees op DeWetsdrift geneem.

Koedoesfontein

‘n Geloftefeesdiens word Maandag 16 Desember om 10:00 in die Koedoesfontein-geloftefeessaal gehou. Die saal is net voor die Buffelshoek-polisiestasie, sowat 12km buite Parys op regterkant, langs die Potchefstroom-pad.
Alle Parysenaars word genooi om die diens by te woon wat gelei word deur ds. Juan de Beer van die Hervormde Kerk Parys.
Na die diens sal daar tee en verversings bedien word sodat daar gesellig saam gekuier kan word op die geloftefeesterrein.

NG Moedergemeente Parys
‘n Geloftediens sal gehou word by die NG Moedergemeente in Parys op Maandag 16 Desember om 09:40. Voor die diens sal daar ‘n kranslegging wees om 09:25, en vlagpresentering deur die Parys Voortrekkerkommando om 09:30.

Afrikaans Protestantse Kerk
Die Geloftediens in die Afrikaans Protestantse Kerk in Parys (Kortstraat 29), sal gehou word op 16 Desember om 09:00. Die prediker is ds. Cassell.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button