Local newsNews

Drie gevang met R36 000 se dagga

Een van die mans is ook aangekla omdat hy 'n ongedokumenteerde buitelandse burger is.

Drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 30 jaar, sal voor die Parys Landdroshof verskyn nadat hulle deur lede van die Fezile Dabi Distrik Trio-Taakspan in hegtenis geneem is vir die besit van dagga.

Sersant Josephine Rani sê lede van die Fezile Dabi Distrik Trio-Taakspan was Dinsdag besig met roetinepatrollies in Tumahole toe hulle drie mans opmerk wat by verdagte aktiwiteite betrokke was. Die polisie het die verdagtes genader en beide die individue en die perseel deursoek.

Tydens die deursoeking het beamptes pakkies dagga met ’n beraamde straatwaarde van R36 000 gevind en gekonfiskeer. het Rani gesê.

Een van die verdagtes is ook aangekla omdat hy ’n ongedokumenteerde buitelandse burger is.

Die verdagtes sal na verwagting môre, Vrydag 26 Junie, voor die Parys Landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button