
Hierdie hondjie is vanoggend na gisteraand se vuurwerke baie verward by die AfriDome opgemerk. So ook dié katjie wat in Wesstraat opgemerk is.
Goeie nuus is egter dat die poedeltjie wat gister in Uniestraat gekry is se eienaar intussen opgespoor is en so ook die hond se eienaar wat gisteraand angsbevange skuiling onder ‘n motor gesoek het by die Oujaarsdiens van die NG gemeente Parys-Oos.
Dit is wat vuurwerke aan troeteldiere doen – angsbevange en verlore is die hondjie gisteraand by die NG gemeente Parys-Oos gekry nadat sy weggehardloop het vir die klappers. Haar eienaar is intussen opgespoor.
As jou troeteldier soek is na gisteraand se vuurwerke maak asb ‘n draai by die DBV en rapporteer dit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.