
Parys Primêre skool het erkenning gekry van die Departement van Onderwys vir dié skool se skitter prestasies wat gedurende 2019 behaal is. Die toekennings is tydens die departement se “Well Done” funksie vir laerskole oorhandig.

Parys Primêr het vir atletiek en netbal die hoogste prestasie op provinsiale vlak behaal. Hierbenewens was leerlinge van die skool derde in die Vrytaat in die 2019 Astro Quiz Natuurwetenskappe-kompetisie.Die skool se graad 7’s van 2019 het die vyfde beste prestasie in die Fezile Dabi onderwysdistrik behaal, en is die skool vierde in die Fezile Dabi-streek vir die hoogste getal leerders wat 50% en meer behaal het in alle leerareas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.