
Suid-Afrikaanse boere wat na liefde soek kan nou vir die dertiende reeks van Boer Soek ’n
Vrou inskryf.
Oor die afgelope 12 reekse, het 17 paartjies, wat deur Boer Soek ’n Vrou ontmoet
het, mekaar die ja-woord gegee.
En, nou soek kykNET 2020 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat
deel wil wees van die dertiende seisoen.
Die nuwe aanbieder, Marciel Hopkins, glo dat Boer Soek ’n Vrou ’n lewensveranderende
ervaring vir boere kan wees.
“Dit is ’n geleentheid wat nie baie mense in hul leeftyd sal kry nie, want boere gaan mense
ontmoet wat hulle nooit andersins sou nie en die mooiste van alles is dat een van hulle
moontlik jou lewensmaat kan wees,” sê sy.
“Die proses is ’n lekker uitdaging om iets buite jou gemaksone te doen, maar dit gaan ook
jou hart laat vinniger klop, vir jou selfvertroue gee en jou bemagtig in die proses.”
Boere kan op die volgende maniere inskryf:
• Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;
• Bel Marche Media by 079 335 5137;
• Stuur ’n e-pos na boer@marche.media (let wel .media en nie .com / .co.za nie)
Belangrike inligting:
• Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
• Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
• Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 21 Maart 2020 bereik.
• Die tien gekose boere sal teen 19 April 2020 in kennis gestel word.
• Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankonding oor 2020 se toptien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te
skryf.
• Die dertiende reeks sal van Oktober op kykNET uitgesaai word.