Berdine Putter gee haar bydrae by vandag se mobiele skenkerskliniek in Parys. Foto: Verskaf
Parysenaars kan vandag weer ‘n bydrae gee om ander in nood te help. Elke eenheid bloed maak ‘n verskil en kan tot 3 lewens red.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se mobiele skenkerskliniek is vandag, 14 April in Parys by die kerksaal van die Hervormde Kerk, h/v Loop- en Paulsenstraat. Skenkers het geleentheid om nog tot 18:00 te kom bloed skenk. Die doelwit vir die dag is 100 eenhede bloed. Teen 13:00 is nog net 10 eenhede geskenk. Asseblief help om ook hierdie doelwit te haal.
Elke skenker sal ‘n gratis bottel handsanitasiemiddel ontvang.
As jy nie vandag kan skenk nie, onthou ook die mobiele skenkerskliniek wat Donderdag 16 April vanaf 11:00 tot 17:00 by Shoprite Parys sal wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.