As die regering nie toestemming gee dat SA Brouerye van sy gebroude bier wat nog by sy brouerye is binne die volgende 48 uur kan vervoer na van sy opgaarplekke nie, sal nagenoeg 132 miljoen liter bier vernietig moet word.
Netwerk24 berig dat SAB Maandag die departement van handel en nywerheid gevra het om sy verpakte bier te mag vervoer anders sal die voorraad weggegooi moet word wat weer ‘n geweldige invloed op die omgewing sal hê.
Sou dit gebeur sal SAB volgens Netwerk24 vir vier maande nie op volle kapasiteit bedryf kan word nie wat 2 000 poste in gedrang sal bring, en bes moontlik nog 75 000 poste in die verskaffingsketting kan raak.
Die brouery het te min plek om die gebroude bier te stoor en moet die brouerye sodra die toegelate limiet bereik word dit op ‘n ander terrein stoor.
Soos baie ander maatskappye is SAB baie ernstig geraak deur die staat van nasionale inperking. Daar kon sedert 23 Maart nie nuwe bier gebrou word nie, en sedert 8 April nie bier verpak of vervoer word nie.
Bron: Netwerk24





