NewsNews
Dit gaan bibber na Dinsdag toe
Kapenaars maak reg vir bittere koue, en Parysenaars kan van Dinsdag af verwag om ook die koue aan hul eie jaspante te voel. Hoewel die temperatuur vir Parys op ‘n maksimum van 22 grade Celsius voorspel word vir Maandag, val die temperatuur skerp na Dinsdag toe met 14 grade maksimum, en ‘n ysige 13 grade …

Kapenaars maak reg vir bittere koue, en Parysenaars kan van Dinsdag af verwag om ook die koue aan hul eie jaspante te voel.
Hoewel die temperatuur vir Parys op ‘n maksimum van 22 grade Celsius voorspel word vir Maandag, val die temperatuur skerp na Dinsdag toe met 14 grade maksimum, en ‘n ysige 13 grade maksimum vir Parys Woensdag.
Van Donderdag af behoort die temperatuur stelselmatig op te tel tot 17 grade Celsius, en ‘n maksimum van 19 grade word vir Vrydag vir Parys voorspel.
Volgens die Weerburo sal ‘n kouefront Maandagoggend die suidweskus van die Wes-Kaap bereik met stormsterkwind, reën, en sneeu op die berge by Worcester, Oudtshoorn, Ceres, Joubertina, Graaff-Reinet, Fort Beaufort, Cradock en Queenstown.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



