News

Nee vir ‘n dampie en ja vir ‘n sopie

Terwyl rokers asem opgehou het vir wat president Cyril Ramaphosa in sy boodskap aan Suid-Afrikaners vanaand, Sondag 24 Mei, sou sê, is dit toe steeds ‘n nee vir tabakverkope wanneer die hele land op 1 Junie oorbeweeg na vlak 3 inperking. Vandag, presies 10 weke na die aankondiging van die nasionale staat van inperking, was …

Terwyl rokers asem opgehou het vir wat president Cyril Ramaphosa in sy boodskap aan Suid-Afrikaners vanaand, Sondag 24 Mei, sou sê, is dit toe steeds ‘n nee vir tabakverkope wanneer die hele land op 1 Junie oorbeweeg na vlak 3 inperking.

Vandag, presies 10 weke na die aankondiging van die nasionale staat van inperking, was daar wel goeie nuus vir drankhandelaars met drankverkope vir huishoudelike gebruik wat onder streng voorwaardes op sekere dae en sekere tye tydens vlak 3 toegelaat sal word.

Jy gaan ook kan oefen wanneer jy wil.

Restaurante, kroeë, sjebeens, tavernes, haar- en skoonheidsalonne bly gesluit.

Hoewel niks oor provinsiale grense gesê is nie, is wel gesê dat daar nie meer beperking op beweging sal wees nie, maar ook dat baie streng veiligheid- en gesondheidsmaatreëls oral, ook in werksplekke gehandhaaf moet word.

Hier is wat jy moet weet van vlak 3:

  • Die hele land beweeg na vlak 3 op 1 Junie.
  • Jy sal tydens vlak 3 kan oefen wanneer jy wil.
  • Jy sal  ‘n gesigmasker moet  dra in die openbaar en wanneer jy van openbare vervoer gebruik maak.
  • Meeste sektore van die ekonomie sal heropen onder streng veiligheids- en gesondheidsmaatreëls
  • Meer staatsamptenare sal terugkeer werk toe.
  • Sport, kerklike en sosiale byeenkomste word steeds verbied hoewel gesprekke met kerkgemeenskappe gehou is en verdere gesprekke sal volg. 
  • Begrafnisse word steeds beperk tot nie meer as 50 mense nie.
  • Restaurante, kroeë, sjebeens en tavernes bly gesluit. 
  • Haar- en skoonheidsalonne bly gesluit.
  • Die kleinhandelsektor sal heeltemal heropen
  • E-handel sal ten volle weer bedryf word.
  • Mynbou, konstruksie en regeringsdienste heropen op 1 Junie ten volle
  • Mense wat van die huis af kan werk word steeds aangemoedig om dit te doen.
  • Die lugruim bly toe. Aankondigings sal waarskynlik later gemaak word oor wanneer binnelandse vlugte vir besigheidsdoeleindes weer toegelaat sal word.
  • Sportbyeenkomste word steeds verbied. 
  • Mense wat pendel moet te alle tye maskers dra op taxi’s en busse en sosiale afstand handhaaf.
  • Nasionale grense bly toe behalwe vir vervoer van goedere en repatriasie doeleindes.
  • Skole heropen op 1 Junie vir graad 7 en graad 12 leerders onder streng higiëniese maatreëls en water en sanitasie sal voorsien word. Die skoolkalender sal hersien word en die kurrikulum aangepas word. Geen ouer sal egter verplig word om sy/haar kind skool toe te stuur as daar bekommernis is oor die kind se veiligheid. Alles moontlik sal  wel gedoen word om skole veilig te hou. 
  • Staatsuniversiteite begin weer op 1 Junie met afstandonderrig sodat die akademiese jaar voltooi kan word, maar net 33% van studente sal tydens vlak 3 weer volgens die gefasseerde benadering kan terugkeer universiteit toe.
  • Die Tshwane, Johannesburg, Ekurhuleni, EThekwini, Nelson Mandela Baai, Buffalo City en distrikte in die Wes-Kap, Oos-Kaap en KwaZulu Natal is as sogenaamde brandpunte geidentifiseer en sal hierdie punte se status tweeweekliks hersien word. Spanne mediese en ander kenners sal na hierdie brandpunte gestuur word. ‘n Brandpunt is ‘n gebied waar meer as 5 besmettings per 100 000 mense is en waar getalle erg styg. Net soos wat dit moontlik is om sekere gebiede met lae infeksievlakke op laer vlakke te plaas,  is dit ook belangrik om te onthou dat enige deel van die land sal terugkeer na ‘n hoër vlak as die situasies daar vererger.

Waar staan SA se syfers

Suid-Afrika het tans 22 583 bevestigde Covid-19 gevalle, waarvan 11 000 nog aktiewe gevalle is.

Hiervan is 842 mense in die hospitaal en 128 in waakeenhede.

SA se sterftesyfer aan Covid-19 staan nou op 429.

Daar is nou 20 000 hospitaalbeddens gereed en 27 veldhospitale landwyd beskikbaar.

Meer as 60 000 gemeenskapswerkers doen deur-tot-deur siftingstoetse.

Meer as 11 miljoen siftingstoetse is al gedoen 580 000 mense getoets.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button