NewsNews

Hy was ‘n legende in hengelkringe – een van die bestes

So sal Parys Steve Venter onthou

“He was a man amongst men. Een van die bestes wat ek ooit geken het.” So het Jumbo Willemse, Feeder wêreldhengelkampioen van 2013 gesê in sy huldeblyk aan Steve Venter wat op Donderdag 6 Augustus in die ouderdom van 75 jaar oorlede is. Steve het op 14 Julie  in die Wilgers-hospitaal in Pretoria ‘n rugoperasie ondergaan en het sedertdien ‘n pad met sy gesondheid geloop met komplikasies. Hy is in die Wilgers-hospitaal oorlede. As Parysenaar vir meer as 20 jaar was hy bekend en geliefd onder baie – nie net as sakeman nie, maar ook as sportman en vriend. Sy onderneming, Steve Venter Finansiële, het hy aanvanklik vanuit sy huis in Caroblaan bedryf, en toe later ‘n kantoor in die dorp geopen. Hy het nog tot voor sy operasie gewerk en was sy uitkyk op die lewe om niks ooit half te doen nie. Hierdie sienswyse het hy geleef ook in sy sport waar hy een van min hengelaars was wat in alle fasette van hengel sy Sprinbokkleure kon verwerf. Hy het gedurende sy hengelloopbaan onder meer ook in die provinsiekleure van die Vrystaat en Natal gehengel, en SA drie keer by die Wêreld Spele verteenwoordig vir “Feeder” en paalhengel. Sy eerste hengelklub het hy in 1974 in Ladysmith begin. Hy was dwarsdeur sy lewe passievol oor hengel en het alles wat hy uit die sport gekry het ook weer teruggeploeg met sy kennis wat hy met oud en jonk gedeel het – een van die grootste komplimente wat ‘n sportman kan kry. Langs die viswaters was hy wyd bekend en gerespekteer – ‘n legende wat jou elke oomblik van sy trots kon laat beleef in sy vertellinge oor die sport en sy deelname. Maar dit was nie net in hengel wat hy uitgeblink het nie. Steve het ook Springbokkleure in kleiduifskiet en skyfskiet gehad. Die roudiens word Vrydagoggend 14 Augustus om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos gelei deur ds. Ian Jonker. Hy word oorleef deur sy seuns, Steve en Jacques, kleinkinders Chantené, Abigail, Steadon, Jordan en Juandré en sy familie en vriende wat hom sal onthou as iemand wat dit wat hy aangepak het, voluit gedoen het. ‘n Omgeemens wat dit geleef het waarin hy geglo het.

  • Ons innige medelye met die familie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button