VEREENIGING. – ’n Poging om ’n Afrikanermonument uit die middestad te verwyder sodat dit vir die nageslag bewaar kan word het Sondagmiddag skeefgeloop toe die polisie ’n stokkie voor die verskuiwing gesteek het.
VEREENIGING. – Lede van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) sowel as die Vaaldriehoek se weermagveterane is Sondagmiddag deur die polisie gekeer om die monument – wat sowat 3 ton weeg – te verskuif omdat hulle blykbaar nie vooraf die nodige toesteming van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit af verkry het vir die verskuiwing van die monument nie.
Die monument in Voortrekkerstraat, skuins oorkant Diamond Corner in Vereeniging se middestad, simboliseer ’n trotse en betekenisvolle tyd in die Afrikaner se geskiedenis.
Soos Vaalweekblad vroeër berig het Vereeniging se Fakkelmonuent die afgelope dekades in vergetelheid by die algemene publiek verval en is dit die afgelope jare hoofsaaklik as gerieflike plakkaatgrond vir kennisgewings gebruik wat wissel van Sangoma-dienste tot goedkoop aborsies.
Volgens Marianda Schlebusch, projekorganiseerder van FAK-Kultuurnetwerke, vorm dit deel van ’n poging om die monument te beveilig aangesien dit deur vandale beskadig word.\
As deel van voortgaande proses om toestemming te kry sal Schlebusch eerskomende Dinsdag weer opvolggersprekke met die munisipaliteit hou om die monument te verwyder.
Volgens haar is ’n mosie om die monument te verwyder reeds twee jaar gelede by die raad ingedien.

Lees die oorspronklike berig hier: https://vaalweekblad.com/70792/afrikanergroep-bots-met-gereg-oor-fakkelmonu
ment/





