Paramedikus kom tot vrou se redding na bye-aanval
Die vrou wat allergies is vir bysteek, is herhaaldelik deur die bye gesteek.
”n Gevorderde lewensondersteunings-paramedikus van ER24 Parys het Saterdagoggend met vinnige en dapper optrede die lewe gered van ‘n vrou wat deur ‘n swerm aggressiewe bye in die omgewing van Freedmanstraat aangeval is.
Tim Woodburn het blitsig op die noodoproep gereageer. Hoewel hy nie ‘n beskermende byepak gehad het nie, het hy die noodreaksievoertuig so na as moontlik aan die huis gebring om by die vrou te kom. Sy is verskeie kere deur die bye gesteek en is allergies vir bysteke.
Nadat sy gestabiliseer is en die bye tot bedaring gekom het, kon sy na die voertuig gebring word, en is sy na Mediclinic Potchefstroom vervoer.
ER24 het sedert 1 Oktober twee gevorderde lewensondersteuningsparamedici met ‘n ten volle toegeruste noodreaksievoertuig in Parys gestasioneer. Die paramedici werk in skofte en is 24 uur per dag beskikbaar om noodmediese dienste in die Ngwathe-munisipale gebied te lewer.
In lewensbedreigende noodsituasies sal hierdie paramedici op enige noodoproep reageer, ongeag of die pasiënt mediese fondsdekking het, maar dit is onderhewig aan die beskikbaarheid van die paramedici.
Die diens word moontlik gemaak danksy verskeie rolspelers wat hande gevat het. Rotary-president Sandra Uys het aanvanklik die behoefte in die Parys-gemeenskap geĂŻdentifiseer. Daarna kon daar, met die ondersteuning van ‘n korporatiewe kliĂ«nt van ER24, ‘n voorlegging aan Mediclinic gedoen word.
Daar is ooreengekom op ‘n proeftydperk van sewe maande, met finansiĂ«le ondersteuning om die volhoubaarheid van die diens vir Parys en die dorpe in die Ngwathe-munisipale gebied te bepaal.
Indien die diens finansieel volhoubaar blyk te wees, kan dit lei tot ‘n permanente verbintenis met Parys met die nodige personeel en voertuie.
Verskeie sakelui in die Parys-gemeenskap, asook Rotary Parys, dra tans ruim by om na die welstand van die paramedici om te sien, terwyl Egweni River Lodge met verblyf vir die paramedici help.
Die voertuig wat gebruik word, is geskik vir moeilik begaanbare terrein.
Gevorderde lewensondersteunings-paramedici is onder meer opgelei om medikasie uit hoĂ«r skedules toe te dien, meganiese ventilasie toe te pas en, waar nodig, ‘n medies geĂŻnduseerde koma te bewerkstellig tydens ‘n mediese noodgeval.
ER24 is ‘n diens van Mediclinic en funksioneer internasionaal.
Hoe kontak jy ER24 Parys?
Noodnommer: 057 916 5999
Navrae: 016 950 8445
Hoewel die boodskap op die noodnommer geoutomatiseer klink sal jy direk met ‘n paramedikus praat.
Watter inligting is nodig wanneer jy ‘n noodoproep maak?
- Jou volledige adres.
Jy sal na die oproep ‘n WhatsApp ontvang wat vra vir ‘n pin-aanwysing van jou adres. - Jou telefoonnommer asook ‘n alternatiewe nommer.
- Beskryf kortliks die noodsituasie.
Nood mediese voorraad
‘n Skenking van noodmediese voorrade, wat deur die Stathroy Rotaryklub in Kanada geskenk is met bemiddeling van die Rotaryklub van Parys, sal teen die naweek aan ER24 Parys oorhandig word.
Gesondheidsdag
ER24 Parys is betrokke by die gesondheidsdag wat Rotary Parys op Saterdag 31 Oktober by die Hervormde Kerk se lentebasaar aanbied.
Basiese noodhulpopleiding vir lede van die publiek word in die vooruitsig gestel. ‘n Gedeelte van die opbrengs van die Parys Crater Street Mile sal ook aan ER24 Parys oorhandig word.
Waterredding
Rotary Parys het ook ‘n waterreddingsboot (Ark), wat as ‘n skenking ontvang is, aan ER24 Parys oorhandig. ER24 beskik oor opgeleide waterreddingspersoneel wat binne minder as ‘n halfuur vir die Parys-gemeenskap beskikbaar kan wees.
Die Universiteit van Johannesburg se Departement vir Noodmediese Wetenskappe, het vir hul waterreddingsmodule, verlede week praktiese opleding in die Vaalrivier by Parys vir paramedikus studente aangebied. ER24 Parys was betrokke by die praktiese opleiding vir mediese bystand, sowel as die opskerp van noodmediese vaardighede




