VEREENIGING. – Meeste mense weet reeds hoe vuil die Vaalrivier is, nou het ’n nuwe video wat op sosiale media versprei word opnuut die kollig op die probleem geplaas.
Die video wat deur ‘n inwoner geneem is wys hoe verskeie dooie visse in die besoedelde Vaalrivier ronddryf. Volgens ‘n stemnota wat saam met die video aangestuur word is die video op 10:10 op Vrydag 6 November langs die Vaalrivier geneem. Daar is onlangs aangekondig dat miljarde rande bestee sal word om die Vaal se rioolprobleme uit te sorteer. Die hulp kan nie gou genoeg kom nie.
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.