‘n Rooi kers is mos romanties, is dit nie? Foto: Gerda Bruinette
Dit wil al meer lyk asof jy dalk meer kerse en kersliggies gaan nodig hê vir Kersfees en Nuwejaar. Daar word reeds gewaarsku dat Suid-Afrikaners hulle sal moet reghou vir nog beurtkrag vir minstens die eerste kwartaal van 2021, en ook Kersfees en Nuwejaar, hoewel geen amptelike aankondigings nog gemaak is nie. Die naweek was daar reeds ‘n voorsmakie van beurtkrag wat aanvanklik vir Saterdag en Sondag beplan was, maar toe ter elfder ure afgestel is vir Sondag13 Desember. Volgens Eskom se eie vooruitskatting vir tot en met die eerste week in Maart, is daar ‘n waarskynlikheid vir fase 2 beurtkrag, met die uitsondering van 28 Desember tot 15 Januarie wanneer fase 1 beurtkrag verwag word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.