Vaalweekblad se Gerda Brunette berig dat bevestiging ontvang is dat al drie die vermiste werkers se liggame gevind is, na ‘n ongeluk gister, Woensdag 17 Februarie by die ArcelorMittal Vanderbijlpark-werke.
Die ongeluk het in die vroeë oggendure gebeur toe ‘n gedeelte van ‘n 90m hoë skoorsteen by een van die kooksoonde ineengestort en op ‘n beheerkamer geval het waar die drie werknemers besig was. Daar is sedert die ongeluk onverpoosd na die drie werkers gesoek. NUMSA het in ‘n mediaverklaring hul simpatie uitgespreek teenoor die families van die oorledenes. Ook die vakbond Solidariteit het sy medelye uitgespreek teenoor die gesinne van die werknemers en gevra dat ”n risiko-analise gedoen word na die veiligheid van die infratruktuur en geboue weens die ouderdom van die aanleg . Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




