Omgee is om te gee – en kyk net die verskil!
So is daar die afgelope week 'n verskil gemaak in Parys.
Om 19 kinders tussen 14 en 19 jaar te sien werk om ‘n verskil in mense se lewens te maak, was die afgelope week ‘n ongelooflike gesig om te kon sien. Die kinders is leerders van die private skool St Johns in Johannesburg, wat hul skoolvakansie opgeoffer het om gemeenskapsure te gee daar waar hulle ‘n verskil kon maak. En watter verskil het hulle nie gemaak nie! Die museum, Epilepsie SA, die DBV, die museum, die Tumahole Selfhelp Association for the Disabled, die skoonmaak van die rivieroewer.
Ure wat hierdie kinders ingesit het om fisies te help, tyd te spandeer in ‘n gemeenskap waarvan hulle nie deel is nie, maar waar hul handewerk ‘n blywende voetspoor gelaat het.


By die DBV het die St Johns leerders vanoggend hokke skoongemaak, geverf, met die diere gespeel en met hulle gaan stap, honde bederfkoekies self gebak wat vir die DBV geskenk is, en boonop nog blikkies hondekos en katbederfies geskenk
Lees in hierdie komende week se Gazette alles oor wat hierdie kinders vir Parys gedoen het, sonder vergoeding, vrywillig en met glimlagte wat elkeen van hierdie kinders se omgee en deernis gewys het waar hulle ookal gegaan het.
Spesiale dank aan Parys Info personeel vir die insette wat gelewer is om hierdie kinders met die Community Hours Projek hier te kon kry. Parys sê dankie!!!! En dit is nie al nie!

Die St Johns leerders saam met Sarah van Community Hours wat as projekorganiseerder die leerders vergesel het, en Werda en Louise van Parys Info wat ten nouste gemoeid was met die saamstel van die program vir die orgnisasies waar die leerders gemeenskapsure gewerk het om ‘n verskil te maak.
As jy vanoggend (Saterdag 10 April) voor die museum sou verbyry, sou jy die vrywilligers van Parys@Selfdoen, AfriForum Parys en Security Master gesien het wat vir ‘n tweede naweek hier die tuin van die Parys Museum skoongemaak, bome gesnoei, geskuur en geverf het. Die verf is deur Ntsu en AfriForum geskenk. Parys Voortrekkerkommando het ook met die vorige skoonmaakaksie gehelp. En danksy dié inisiatiewe, en die leerders van St Johns wat die hele museum Vrydag binne geverf het, sal die museum eersdaags weer sy deure kan oopmaak.


Volgende naweek word daar weer slaggate reggemaak en padtekens wat weg of verbleik is, vervang, en die naweek daarna sal Parys#Selfdoen vrywilligers die ou begraafplaas skoonmaak. Omgee is die vreugde om te kan gee, te kan deel, ‘n onbeskryflike hartsgevoel. Raak betrokke, maak ‘n verskil



