News

Vroeg uit die vere om die vlokkies te proe

Het jy dit gesien?

 

Die lente is hier en dit is alreeds sonnig daarbuite. Maar verlede Saterdag was dit ‘n ander prentjie met ‘n laaste bietjie winterkoue. As jy toe bietjie laat gelê het, het jy dit gemis, want glo dit of nie, daar was verlede Saterdagoggend kapok op die grasperke. Vra maar vir die 6-jarige Johnicolas Leite wat vroeg uit die vere was om dié ysvlokkies met sy mond te probeer vang.

Die 6-jarige Johnicolas Leite het sy bes probeer om die ysvlokkies in sy mond te vang.

Hoewel baie van mening is dat sneeu en kapok een en dieselfde ding is, het die Oos-Kapenaars glo ‘n duidelike verskil geïdentifiseer. Sneeu beskryf hulle as klein kristal balletjies wat in ysige weerstoestande sal val, veral wanneer die dagtemperatuur gewoonlik baie laer is. Dit word ook hoofsaaklik in hoogliggende gebiede gesien. Kapok meen die Oos-Kapenaars sal val op redelik windstil dae as die temperatuur nie drasties gedaal het nie, en dit soos veertjies grondwaarts fladder.

Die woord kapok is eintlik ‘n Maleise woord wat verwys na die wit, wollerige vrugpluis van sekere plante.    

 

 

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button