News

VLU-vroue gesels oor die waarde van ‘mind moves’

VLU-vroue gesels oor die waarde van ‘mind moves’

 

Dames van die Parys Vroue Landbou Unie (VLU) het op 2 Augustus uiteindelik weer kon vergader ná strenger grendelinperkings effe verslap is. Daar is sommer baie uitgesien na die geselskap en samesein na die maande wat verby is.

Marietjie Oehley het by die byeenkoms gesels oor die interessante tema, “Mind Moves” en het haar praatjie ook ’n paar praktiese oefeninge ingesluit. Dit het onder meer ingesluit om te strek wanneer jy wakker word, te stap in die natuur, en diep asem te haal.

Die volgende vergadering is op 14 September. Vir navrae oor die VLU skakel Bernadette van der Ende by 082 474 0304 of Annatjie Dreyer By 082 464 0204.  

 

Related Articles

Back to top button