NewsNews

Daar word weer sterre gekyk op Deelfontein

    Komende Saterdagaand (11 September) is daar weer geleentheid vir sterrekyk by die sterrewag op Deelfontein in die Vredefort Koepel. Dit is nou kort na donkermaan, daarom sal die sekelmaan vroegaand sigbaar wees – altyd ´n dankbare objek om met ´n teleskoop te bekyk, aangesien die oppervlakreliëf deur die lang skaduwees uitgelig word. Verder …

 

 

Komende Saterdagaand (11 September) is daar weer geleentheid vir sterrekyk by die sterrewag op Deelfontein in die Vredefort
Koepel. Dit is nou kort na donkermaan, daarom sal die sekelmaan vroegaand sigbaar wees – altyd ´n dankbare objek om met ´n teleskoop te bekyk, aangesien die oppervlakreliëf
deur die lang skaduwees uitgelig word.
Verder is Venus in die weste as aandster sigbaar,
asook Saturnus en Jupiter in die ooste. Wolklose mooiweer word vir die naweek voorspel, en die warmer weer maak die rondstaan om die teleskoop meer draaglik.
Basiese inligting oor planeet- en sterrebewegings word vooraf in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik. Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop ingespan om die naghemel
nader te bring.
Die uitstappie word soos gewoonlik deur Frik le Roux van die Pretoriatak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika gelei.
Deelname kos R100 per persoon. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button