
Eskom het laat Woensdagaand 13 Oktober, aangekondig dat fase 2 beurtkrag vanoggend (Donderdag 14 Oktober) om 05:00 opgehef word maar dat daar steeds die moontlikheid bestaan dat beurtkrag weer op kort kennisgewing ingestel kan word.
Die kragreus het in sy verklaring gesê dat herstelwerk die afgelope ses dae aan sy opwekkingseenhede gedoen is en dat voortgegaan sal word met onderhoudsprogramme. Eskom het sy verskoning aangebied vir verbruikers vir die ongerief die afgelope week.
Daar is egter beklemtoon dat daar steeds beduidende risiko’s is by van sy opwekkingseenhede en dat die moontlikheid van beurtkrag op kort kennisgewing sou dit nodig word, nie uitgesluit kan word nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.