NewsNews

Groot dankbaarheid vir mense se omgee ná noodkragopwekker vlam vat

Groot dankbaarheid vir mense se omgee ná noodkragopwekker vlam vat

   

 

Terwyl talle besigheidseienaars gister landwyd nog die uitdagings van Eskom-beurtkrag moes trotseer, het bure en sekuriteitsmaatskappye in Parys, gister, (Woensdag 13 Oktober), blitsig gehelp om ‘n brand onder beheer te kry by ‘n koffie- en dekorwinkel in Parys, toe die noodkragopwekker van die onderneming tydens beurtkrag aan die brand geraak het. Die brand het net na 10:00 die oggend by La Vie en Rose in Parys se hoofstraat ontstaan pas nadat Parys se tydgleuf vir fase 2 beurtkrag begin het, en van die dames van die hekelgroep wat weekliks hier byeen kom, nog op die stoep sit en hekel het.

Een van die dames, Ronel Dicks het dadelik die brandblussers gegryp  en het nog mense met brandblussers dadelik gekom nadat hulle die vlamme gesien het. Corien Pretorius, eienaar van La Vie en Rose, vertel dat die kragopwekker net aangeskakel is, toe die oplettende winkelbestuurder, Elize du Toit, gehoor het dat iets vreemd klink by die kragopwekker. Toe sy buite kom was dit net vlamme. Twee van haar personeellede, Margaret en Manini het sonder om twee keer te dink hul lewens gewaag om van die klere  uit die boutique te red.

Besighede rondom La Vie het dadelik kom help, en so ook Fanie van Security Master, We Care, die brandweer en andere wat op die noodoproep gereageer het. Te danke aan die vinnige reaksie kon die brand baie gou onder beheer gebring word.

“My bure was net ongelooflik,” sê Corien en vertel hoe almal met hul brandblussers gekom het om te kom help. Sy vra ook dat as daar mense is wat gister op die toneel gehelp het, en wie se brandblussers nog nie gevul is nie, hulle asseblief met haar moet kontak maak. Hoewel daar rookskade is, is baie groot skade voorkom en niemand beseer nie.

La Vie en Rose se deure is oop vir besigheid soos gewoonlik met groot dankbaarheid vir mense se omgee in tyd van nood.     

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button