NewsNews

Kleuterskool, ouers en gemeenskap reik uit na VVA

Kleuterskool, ouers en gemeenskap reik uit na VVA

 

Vrystaat Versorging in Aksie Parys (VVA) het hul gemeenskapsprojek saam met kleuterskole in die dorp vroeg in September afgeskop. Die eerste skool van drie wat deel was van die gesamentlike fondsinsamelingsprojek, was El-Sali kleuterskool onder leiding van skoolhoof Annelie Magnus.

Dié kleuterskool sal hul deel van die fondse wat ingesamel is, gebruik om nuwe apparaat vir hul speelterrein te koop, terwyl VVA hul gedeelte van die opbrengs sal gebruik om die finansiële druk by die VVA-kantoor in Parys te verlig met die maatskaplike nood wat by die dag groter word, en waarin VVA moet voorsien.

Afslag op skoolgeld, pryse en geskenkbewyse wat deur die skool, ouers van die skool, en die gemeenskap geskenk is, is verlede Vrydag aan die wenners oorhandig.

Die eerste prys is gewen deur Jan Steyn, terwyl Wayne Aucamp met die tweede prys weggestap het. Marelise du Plessis wen die derde prys. VVA wil die borge, El Sali en elkeen wat ‘n bydrae gelewer het, bedank vir hul bereidwilligheid om saam ‘n verskil te maak waar dit saak maak.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button