
Piet en Rita Wentzel van Sally Martin Park vier op 28 Desember hul 64ste huweliksherdenking. Dié twee is destyds in Worcester getroud nadat hulle mekaar by Piet se niggie se 21ste verjaardag ontmoet het. Rita was eintlik saam met ‘n skoolvriend by die verjaardagpartytjie, maar op die dansbaan het die twee aan die gesels geraak. Die volgende dag op haar 18de verjaardag, het Piet vir Rita op ‘n piekniek geneem, en was dit die begin van jare se liefde en saamwees wat sou volg. Uit hul huwelik is ses kinders gebore en is hulle ook geseën met 13 kleinkinders van wie een intussen oorlede is, en 12 agterkleinkinders. Piet het in 1957 by AECI begin werk en uiteindelik in 1990 as opleidingsbeampte afgetree. Hy het vanaf 1974 net buite Parys geboer, maar met sy aftrede hom voltyds op die boerdery toegespits, totdat die egpaar in 2010 Koppies toe getrek het. Nadat Rita ‘n beroerte gehad het, het hulle Parys toe getrek waar hulle hul in Sally Martin Park gevestig het.




