NewsNews

Word ‘n polisiebeampte

'n Baie vervullende loopbaankeuse

Sit jy met jou hande in die hare omdat jy nie op ‘n beroep kan besluit nie? Dan is Wetstoepassing net die beroep vir jou. Baie polisiebeamptes voel dat hulle ʼn persoonlike roeping uitleef en deur hulle werk ʼn verskil in hulle gemeenskap maak.

Hulle handhaaf wet en orde, voorkom misdaad, ondersoek oortredings en bewaar die land se interne veiligheid. Hulle moet lojaal wees teenoor die polisiediens en die land en die veiligheid van die publiek bo hul eie persoonlike veiligheid stel. Nie elke mens is egter uitgeknip vir ʼn beroep in hierdie veld nie. Kandidate moet emosioneel volwasse en stabiel wees, onder druk kan funksioneer, verantwoordelik en eerlik wees, en integriteit hê. ʼn Kalm en geduldige geaardheid is noodsaaklik. Hulle moet ook bevele kan gee en uitvoer, vinnig besluite kan neem, gedissiplineerd en geestelik asook fisies fiks wees, en ongereelde ure kan werk.

Behalwe vir hierdie persoonlike eienskappe is daar oor sekere vaardighede wat kandidate moet hê voordat hulle hulself as polisiebeamptes kan bekwaam. Dit is noodsaaklik dat die persoon ʼn Suid-Afrikaanse burger tussen die ouderdom van 18 en 35 moet wees wat ʼn rybewys het. Hy moet Engels en ten minste een ander amptelike taal vlot kan praat en nie ʼn kriminele rekord hê nie.

Om ʼn polisiebeampte te word, hoef jy nie ʼn diploma of graad te hê nie, maar jy moet matriek met die verpligte tale en Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid geslaag het. Indien jy toelating tot die opleiding kry, vind die ses maande opleiding gewoonlik plaas by een van die SAPD-opleidingskolleges regoor die land. Indien jy egter meer geleenthede vir bevordering en variasie in opsies wil verseker, sal dit voordelig wees om ʼn diploma- of graadkursus in polisiëring te doen. Jy kan ook altyd later in jou loopbaan verder studeer.

Iemand wat waarlik passievol oor die beroep is, sal, ten spyte van die struikelblokke, diep vervuld voel in die wete dat hy ʼn daagliks ʼn verskil kan maak in mense se lewens, en baie pyn en hartseer kan voorkom in sy dagtaak.

Foto: Internet. Berig : Marli Naidoo: Solidariteit: Wêreld: Loopbaankeuses

Careers Portal: https://www.careersportal.co.za/careers/careers-advice/where-to-study-to-become-a-saps-officer

Go study: https://www.gostudy.net/occupation/police-officer

City of Tshwane: https://www.tshwane.gov.za/sites/Departments/Metro-Police/Pages/Police-Academy.aspx

News24: https://www.news24.com/drum/Newsletter/what-you-need-to-know-to-become-a-police-officer-in-south-africa-20201021

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button