
Verskeie paaie en brue in die 5 Ngwathe dorpe (Parys, Vredefort, Heilbron, Edenville en Koppies) het verspoel en is gesluit na swaar reën, en nog reën word voorspel.
Die R720 tussen Koppies en Heilbron is tans tydelik gesluit, en ook in Parys is groot skade aan paaie, brue en huise waar water Saterdagnag deurgespoel het.
Daar is ernstige uitdagings by Parys se waterwerke wat staan weens die groot massa opdrifsels van die vloedwater.
Wees asseblief geduldig met tegniese spanne wat onverpoosd werk om krag en waterprobleme te herstel, en bly weg van spruite en damme.
Die munisipale noodnommer om te skakel is 082 909 3464
Die onderstaande fotos is in Parys, Koppies en Heilbron geneem.








